top of page

PRODUKTE

Header Subtitle

WISKUNDE GRADE 11 & 12 EN ALPHA WISKUNDE GRADE 10-12 VRAESTELLE (IN POWERPOINT)

​

Goeie Dag

​

Maak jou lewe baie makliker! Met die gegewe Graad 12 Wiskunde vraestelle en memos (in PDF formaat) as basis, het ek ‘n Powerpoint platvorm geskep   

Wat kan u verwag?

  • Vraag en oplossing op een skyfie (slide).

  • Nie meer nodig om rond te soek vir die oplossing (memo) van 'n vraag nie.

​

Om nog verder hierop te verbeter, kan na die Powerpoint vraestelle gekyk word deur van die "mind-mapping" sagteware FREEMIND gebruik te maak. Op een bladsy kan die name van 'n groot aantal vraestelle gesien word en met die kliek van die muis kan 'n spesifieke vraestel in Powerpoint oopgemaak word.  Baie maklik en gerieflik!  FREEMIND is gratis op die internet beskikbaar.

​

Daar is tans 84 Eerste Vraestelle en 76 Tweede Vraestelle beskikbaar. Die periode 2015-2024 word gedek. Departementele November eksamens asook Aanvullende eksamens en die Provinsiale voorbereidende eksamens is ingesluit.

​

Die volledige stel van 160 vraestelle kan teen R590 aangekoop word. Koop ook 'n Engelse stel en kry 'n afslag van 50% op die tweede stel.  Vraestelle vir 2024 -Junie en September provinsiaal asook nasionaal (Mei-Junie aanvullend en November eindeksamen) is ook nou beskikbaar.

​

Ook word die betrokke PDF vraestelle en memos gratis hierby ingesluit. Met elke aankoop ontvang jy 'n reeds voorbereide FREEMIND (ook op die huis!). Reg vir gebruik nadat jy die FREEMIND program afgelaai het!  

 

Dit is belangrik om daarop te let dat die vraestelle per onderwerp (6 in die Eerste vraestel en 4 in die Tweede vraestel) aangebied word. Volledige vraestelle is natuurlik ook beskikbaar.

​

Daar is ook 68 Alpha Vraestelle in Powerpoint beskikbaar - 18 Graad 10, 22 Graad 11 en 28 Graad 12 vraestelle. Hierdie vraestelle is apart te koop teen R245.

​

Daar is 46 Powerpoint vraestelle vir Graad 11 (2016-2024).   

​

Klik op "Meer inligting" hieronder om te sien watter vraestelle beskikbaar is. 'n Voorbeeld van 'n Powerpoint voorstelling kan ook gesien word.  'n Toepassing van FREEMIND word ook geïllustreer.

​

Rol af om die Bestel proses en Bestelvorm te sien.

BESTEL PROSES

STAP 1

Dui op die bestelvorm aan in watter pakette u belangstel. Koop beide stelle (Afrikaans en Engels) en kry 50% afslag op die tweede stel.

STAP 2

'n Faktuur sal na u epos gestuur word, waarna u 'n EFT betaling kan maak. Sien bankbesonderhede op faktuur.

STAP 3

Die relevante dokumente sal met WeTransfer gestuur word. U sal drie stelle data ontvang. 'n Dokument wat die proses verduidelik sal per epos aan u gestuur word.

BESTELVORM

Louis van Tonder (Wiskunde)

Neem kennis: 

Die oorspronklike vraestelle en memos (in PDF formaat), is ook ingesluit by elke aankoop. Die  PowerPoint dokumente kan gebruik word deur alle onderwysers en leerlinge in u skool. Indien u 'n  Afrikaanse en Engelse stel aankoop, is daar 'n afslag van 50% op die tweede stel.

​

Jou bestelling (getal vraestelle in hakkies)

Dankie vir aankoop! 'n Faktuur sal spoedig gestuur word.

bottom of page